Wim Visser

LLB | Diploma in Insolvency Law


Send Email

News and
Articles

Testamente & boedels, wat jy moet weet

Artikel geskryf deur Wim Visser, ‘n prokureur en boedelspesialis by Du Plessis – Viviers Ing, Vryburg

U besluit om ‘n testament te maak. Nou is die groot vraag – wie gaan u nader om hierdie belangrike dokument vir u op te trek en wie gaan u as eksekuteur van u boedel benoem?

Wie is mees geskik om ‘n testament op te stel?
‘n Testament moet verkieslik deur ‘n professionele persoon opgestel word, soos ‘n prokureur of ‘n bank wat in boedels spesialiseer. Hoe ingewikkelder die testament is, hoe groter is die kundigheid wat nodig is. Die testament moet nie net regstegnies korrek wees nie, maar moet ook aan die wetsvereistes soos bepaal in die Wet op Testamente voldoen en die testament moet prakties uitvoerbaar wees.

Wie is mees geskik om as eksekuteur aangestel word?
Die keuse van ‘n eksekuteur is nie altyd ‘n maklike besluit nie. Somtyds is gades of kinders eerste in gedagte wanner ‘n eksekuteur oorweeg word, alhoewel dit nie altyd die beste keuse is nie. Die vrae wat u uself moet afvra is:

Dit is aan te beveel dat ‘n prokureur aangestel word as eksekuteur in u testament omdat hy/sy: